Kies sò n skitterende eerste eiendom
Ekonomiese groei neig weer opwaarts, rentekoerse is laag en huispryse is steeds redelik en baie mense besluit dus dat dit nou voordelig is om die eiendomsmark te betree en hulle eerste huis te koop.
Maar, sê Berry Everitt, uitvoerede hoof van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, eerste kopers verstar dikwels by die gedagte aan die groot stap wat hulle neem sodra hulle n buurt gekies het en begin om individuele eiendomme te besigtig.
Vrae wat dikwels by hulle spook, sluit in: Wat as die huis kort na aankoop duur herstelwerk nodig het, wat is die kanse dat die bure absoluut aaklig is, of dat n beter eiendom beskikbaar is net sodra hulle n koopaanbod op n ander eiendom onderteken het?
Die belangrikste ding wat kopers moet onthou, sê hy, is dat die perfekte eiendom nie bestaan nie. Die meeste mense se huise is n kompromie tussen hulle droomhuis en wat hulle kan bekostig.
Maar aan die ander kant het die meeste kopers ook n lysie vereistes dit wil sê behoeftes eerder as wense - waaroor hulle geen kompromieë sal aangaan nie en jy behoort jou vereistes neer te skryf sodat jy maklik kan bepaal watter huise wat jy besigtig die meeste regmerkies vir die beste prys kry.
Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat so n strategie sal voorkom dat kopers verwar word deur aantreklike, maar onnodige, eienskappe of dat hulle deur winskopiepryse van stryk gebring word. Dit sal ook voorkom dat hulle onder bemarkingsdruk swig en n eiendom wat nie by hulle behoeftes pas nie, koop.
Maar die belangrikste aspek is dat dit jou die gemoedsrus sal bring dat jy n huis wat by jou behoeftes pas gekoop het en dat dit dus n skitterende kopie was, ongeag van van enige ander eiendom wat later beskikbaar is.
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Berry Everitt
011 801 2500 of besoek
www.chaseveritt.co.za